LEESMY - /lib//templates/newclass/LEESMY.txt ------------------------------------------------------------------ Hierdie lêergids bevat klas-sjablone wat deur BlueJ gebruik word om lêers te genereer. Hierdie sjablone word gebruik vir klasse wat met die "New Class" funksie in BlueJ gegenereer word. Aanpassing van sjablone ------------------------ Hierdie sjablone kan maklik geredigeer word om die verstekinhoud van die gegenereerde lêers aan te pas by u eie behoeftes. Byvoeging van nuwe sjablone --------------------------- Om 'n nuwe sjabloon daar te stel, skep 'n nuwe tekslêer met die ".tmpl" uitgang (byvoorbeeld: "hoofklas.tmpl") Name van mini-toepassings, koppelvlakke en abstrakte klasse moet onderskeidelik begin met "applet", "interface" en "abstract". As die naam met enigiets anders begin sal dit beskou word as 'n standaard klas. Hierdie nuwe (selfgemaakte) sjablone sal dan as opsies onderaan die lys van klastipes bygevoeg word wanneer die "Maak nuwe klas" dialoogkassie in BlueJ vertoon word. Die naam wat in die dialoogkassie moet verskyn kan ook apart gedefinieer word deur die eienskap "pkgmgr.newClass." in die "labels"-lêer te definieer. ( Die "labels"-lêer is by /lib//labels. ) Byvoorbeeld as die volgende gedefinieer word pkgmgr.newClass.hoofklas=Klas met main() metode dan sal die opsie "Klas met main() metode" in die dialoogkassie verskyn en dit sal gebruik maak van die hoofklas.tmpl sjabloon om die kodegeraamte te genereer. Indien die verstekposisie in die lys (d.w.s. onderaan) nie gewens is nie, kan die posisie gespesifiseer word deur die nuwe sjabloon by te voeg by die lys van die "bluej.classTemplates" eienskap in die BlueJ definisieslêer (/lib/bluej.defs). Al die sjablone wat daar gelys word sal dan in daardie spesifieke volgorde verskyn in die dialoogkassie. Sjablone wat nie daar gespesifiseer is nie, maar wel in die "templates/newclass" subgids voorkom sal dan ongeorden onderaan die lys bygevoeg word.